Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 85

GROENTE | ENDEBENI AGRICULTURE

Bo: Die stammetjies van die koljander word reeds op die landerye skoongemaak voordat dit na die pakhuis gestuur word.

Waldo vertel hulle het nie baie swamsiektes nie omdat die grond nog nie lank vir gewasboerdery gebruik is nie. Daar was nie jare en jare se groenteboerdery en uitputting van die grond deur lang tye van wisselbou nie. Die grond was nog in’ n relatiewe goeie toestand toe hulle hier begin het en hulle probeer om dit so te hou.

BOER MET DIE GROND SE BIOLOGIE

“ Ons boer nie organies nie, maar streef na biologiese boerderymetodes en kyk voortdurend na die biologie van die grond. Omdat ons tussenoesperiodes baie kort is, oes ons omtrent vier dae per week en het jy nie baie tyd om chemie te gebruik nie, omdat jou onttrekkingsperiodes lank is en dit nie in die groente gelaat moet word nie. Ons gebruik baie biologiese produkte soos metarosium, basilis en richodermas. Trichoderma word hoofsaaklik gebruik om grondsiektes te beheer en om plantgroei te bevorder; dit verbeter die benutting van voedingstowwe en versterk die plante se weerstand teen siektes. Chemiese stowwe word

Foto: Google Maps net in noodgevalle gebruik.

MEI 2026 GROND TOT MOND 85