Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Seite 84

ENDEBENI AGRICULTURE | GROENTE

WEER, WATER EN WERKBARE GROND

“ Kruie doen ons die hele jaar deur en ondanks die feit dat die temperatuur tot so laag as tussen-3 ° C en-4 ° C kan daal, vaar die kruie goed. Ons plant nie basiliekruid in die winter nie, en ook nie roosmaryn nie, terwyl die ander gewasse dan taamlik goed groei omdat die plante van die koue hou.

Ons groot uitdaging is die baie nat weer. Ons kry gemiddeld 1 400 mm reën per jaar. Ondanks die feit dat ons baie hoog geleë is, kry ons gelukkig nie gereeld sneeu nie. Die winters is relatief droog, maar in Desember verlede jaar het ons ongeveer 185 mm gehad. Desember en Februarie was ewe nat.

Dit is dan soms’ n uitdaging omdat ons dan vir lang tye geen son sien nie en net bewolkte en mistige weer kry.

“ Die plante hou nie daarvan nie en ons kry swamsiektes, allerhande peste en plae en sukkel met vrot op die plante. In dié opsig is die winter makliker om die gewasse te kweek, want dan het jy droër omstandighede en mooi sonskyndae.”

Onder: Sboniso en Waldo Staude in een van die landerye waar groente gekweek word.

84 GROND TOT MOND MEI 2026