GROENTE | ENDEBENI AGRICULTURE
“ Ons verskaf hoofsaaklik in grootmaat aan groothandelaars wat dit by ons koop, dan herverpak en in kleiner hoeveelhede versprei en weer verkoop. Baie van die groothandelaars lewer ons produkte aan restaurante en ander winkels.”
Tans word niks nog onder beskermende nette gekweek nie, maar dit is iets wat hulle oorweeg vanweë die skade wat hael en ontydige reën aan hul oeste kan doen.
“ Alles word buite gedoen en met die babaspinasie is ons opbrengs ongeveer 4 t / ha en ons kry meer as een snysel van elke plant. So bly ons feitlik die hele jaar besig. Ons plant klein stukkies van ongeveer’ n kwart hektaar elke week en roteer die gewasse om die grondgesondheid op’ n gesonde vlak te hou. In die winter plant ons minder weens die koue hier, maar in die somer raak dit weer meer.”
Op die landerye waar babaspinasie gekweek word, staan die weekoue groen rye afgeëts teen die swart grond. Dit word van saadjies gekweek en daar is ongeveer 400 000 plantjies afkomstig van byna 10 miljoen saadjies per hektaar.
Onder: Babaspinasie is een van diegroentesoorte wat baie gewild is.
MEI 2026 GROND TOT MOND 83