ENDEBENI AGRICULTURE | GROENTE
Bo: Babaspinasie is een van die groentesoorte wat baie gewild is.
Die besproeiing is in die vorm van sleeplyne en dit verg opsigself taamlike handearbeid. Vanweë die ligging van die landerye in lang stroke, kan ons nie spilpunte gebruik nie – en dit is ook baie duur om te installeer en ons is redelik beperk met wat ons kan aanplant,” verduidelik Waldo.
BABASPINASIE WYS DIE PAD
Waldo vertel dat hulle met kool en spinasie begin het en gou besef het dat die grootte van die plaas beperkend is.’ n Vriend van hom was werksaam op’ n ander kruieplaas en het toe by hulle as plaasbestuurder begin werk en hulle aan die kruie voorgestel.
“ Babaspinasie het ons van die grond af gekry.”
“ Babaspinasie is nie eintlik kruie nie en is heeltemal anders as gewone spinasie, maar dit het ons van die grond af gekry en is vandag een van ons hooflyne. Dan kom daar nog koljander, pietersielie, basiliekruid en tiemie ook by, om maar net’ n paar te noem. Ons het’ n gaping in die mark gesien, want daar is nie baie produsente wat babaspinasie en kruie kommersieel in KZN verbou nie.
82 GROND TOT MOND MEI 2026