GROENTE | ENDEBENI AGRICULTURE
Bo: Waldo het verlede jaar vir die eerste keer ook eiervrugte geplant, en dit vaar baie goed in die omgewing.
VAN MELKERY TOT GROENTEPLAAS
Hy vertel die plaas was voorheen’ n melkery en hulle is nou die eerste generasie groenteboere hier. Hulle probeer nog heeltemal van die grond af kom met die groentebesigheid en die plaas was taamlik vervalle toe hulle dit gekoop het, en dis hoekom hulle dit teen’ n billike prys kon aanskaf. Hy en sy pa, wat in die korporatiewe wêreld werksaam was, is sakevennote met Endebeni en hulle het onderling’ n groot lening aangegaan om die plaas te koop –“ anders sou ons dit nie kon doen nie.”
Hul familie is van Duitse oorsprong, maar hy het Afrikaans grootgeword.“ Mense spot my soms en dink ek praat Afrikaans met’ n Engelse aksent – Durban is mos maar baie Engels.”
“ Gelukkig is die grondgehalte hier nog taamlik goed, omdat dit voorheen’ n melkery was, en kan ons ons groente en kruie in goeie, gesonde grond verbou. Die 20 ha waarop ons plant, is onder besproeiing en hier is genoeg water beskikbaar om ons deur die jaar te dra.
MEI 2026 GROND TOT MOND 81