ENDEBENI AGRICULTURE | GROENTE
Hy ontvang ons in sy eenvoudige kantoor, niks flambojants nie, maar funksioneel vir die bedryf en bestuur van sy 68 werknemers wat op die ongeveer 200 ha werksaam is.
“ Die groente word net op ongeveer 20 ha verbou – die res is berggrond en weiding vir ons beeste,” verduidelik hy gou die omvang van die besigheid.
“ Dis koud en nat, maar op die plaas is daar’ n miernes van bedrywighede.”
Maar om soveel mense besig te hou, getuig van’ n onderneming wat al sy kinderskoene ontgroei het.
“ Ons verbou groente en kruie, sommer’ n wye verskeidenheid, van brokkoli, blomkool, babaspinasie, spinasie en eiervrugte, en nog meer.”
Onder: Brokkoli is een van die groentesoorte wat hier geplant word.
80 GROND TOT MOND MEI 2026