Bo: Waldo Staude, eienaar van Endebeni Agriculture. Sy vrou, Celine Staude, was voorheen’ n onderwyseres, maar het in 2021 voltyds by Endebeni begin werk. Sy hanteer die menslike hulpbronne, bestuur die pakhuis, is in beheer van GlobalG. A. P.- sertifisering en al die organisering daarvan. Sy hanteer die drywers se skedules, daaglikse arbeidsbeplanning en help met die algemene bestuur van die besigheid.
Waldo ontvang ons op’ n reënerige dag, ná’ n wipwarit oor grondpaaie en tussen groot bloekomplantasies op die plaas, sowat 1 330 m bo seespieël in die hartjie van die Natalse Middellande.
Dis koud en nat, maar op die plaas is daar’ n miernes van bedrywighede. Werkers in oorpakke en met waterstewels aan beweeg tussen die geboue deur. Die pakstoor is besig en mens hoor die murmurering van gedempte stemme. Effe verder dreun’ n trekker en Waldo se honde draai vriendelik om die besoekers.
MEI 2026 GROND TOT MOND 79