ENDEBENI AGRICULTURE | GROENTE
Deur Hein Eksteen | Fotografie: Michel Dei-Cont.
Om’ n nuwe landboubesigheid van die grond af te kry, verg moed, stamina en baie deursettingsvermoë, soveel te meer as daar met groente en kruie geboer word. Nou, ná sowat sewe jaar, is hierdie droom van Waldo Staude en sy pa, Peter, besig om gestalte te kry en is Endebeni Agriculture naby Lidgetton in die Howick-omgewing besig om sy merk in die groentebedryf van KwaZulu- Natal te maak.
BESIGHEID: Endebeni Agriculture AREA: Naby Lidgetton, KwaZulu-Natal OPSOMMING: Endebeni Agriculture fokus op die kommersiële verbouing vangroente en kruie soos babaspinasie, brokkoli, blomkool, eiervrug en vars kruie, met vleisbeeste as deel van die boerdery.
78 GROND TOT MOND MEI 2026