WAARDEKETTING | BOXED KAROO
hulle twee is gelykes in een span. Siende dat sy verantwoordelik is vir die verspreiding van Boxed Karoo se produkte en dat die regte boks by die regte eindverbruiker uitkom.
Benewens Boxed Karoo besit en bestuur Speed en Andrea ook Three Birds Country House in Richmond. Die gastehuis het reeds’ n uitstekende naam onder besoekers opgebou. Gaste beskryf dit as skoon en ruim, met kraakvars wit linne, sagte handdoeke en veilige parkeerplek. Ander noem weer die rustige atmosfeer en die gevoel dat jy eerder by vriende as by’ n gastehuis oorslaap.
En dalk is dit uiteindelik die kern van Speed en Andrea se wêreld: gehalte, eerlikheid en Karoo-gasvryheid. Of dit nou’ n boks lamvleis of’ n kamer vir die nag is, alles word met dieselfde sorg en trots aangebied.
Om Boxed Karoo-vleis te bestel, of by Three Birds Country House te bespreek, kontak hulle by potkraal @ eik. co. za of 072 422 9932.
MEI 2026 GROND TOT MOND 77