WAARDEKETTING | BOXED KAROO
Bo: By Three Birds Country House in Richmond word gaste met Karoo-gasvryheid, gemak en persoonlike sorg ontvang. Foto verskaf
Voornemende kopers bestaan uit verskeie kategorieë: mense wat goedkoper vleis soek, fynproewers wat hoëgehalte-vleis verkies en ander wat koop wat beskikbaar is.
Volgens Speed neem dit die gemiddelde huishouding drie maande om’ n lam te verbruik. Vanweë die feit dat Boxed Karoo se vleis van die hoogste gehalte is, sou hy verkies om aan die fynproewers te lewer. Dit sluit beslis nie die goedkoper en eet-wat-voorgesit-word-mark uit nie. Enige uitbreiding is voor die hand liggend verkiesbaar. Speed:“ Pryssensitiwiteit is natuurlik belangrik. Ek sou egter verkies om aan mense te voorsien wat eerder bereid
MEI 2026 GROND TOT MOND 73