BOXED KAROO | WAARDEKETTING
VAN DIE VELD TOT IN DIE BOKS
Terug by Boxed Karoo en hoe die proses vanaf die veld tot by die eindverbruiker verloop.
Lammers word geslag vanaf 42 kg en meer. Uitslagpersentasie is ongeveer 45 % voordat die lam verpak word. Daarna word die karkasse na die koelkamers verskuif waar die 10 / 10-reël toegepas word.
“ Laasgenoemde beteken ons wil nie hê dat die vleis teenaan die been onder 10 ° C binne die eerste 10 uur daal nie. Dus probeer ons die temperatuur stelselmatig afbring, want dan het jy vleis wat nie taai is nie. En so bekom ons’ n baie sagte weefsel.”
Die lammers hang dan vir ongeveer vyf tot sewe dae. Ja, die gewigsverlies is meer omdat die vleis so lank hang.
“ Ek weet regtig wat in ons boks is.”
“ Jy sit dan met ongelooflike goeie gehalte vleis.”
Die lammers word, soos vroeër genoem, in ons geregistreerde abattoir op Potkraal geslag en in verskeie snitte gesny en verpak. Verpakking geskied volgens spesifieke bestellings en word gevries. Vervolgens word die verpakking maandeliks deur’ n vervoerkontrakteur in Richmond na agente in Gauteng vervoer, wat op hul beurt die vleis na die eindverbruiker versprei.
Speed en Andrea verskaf die Boland maandeliks nog self en vervoer na De Doorns en Worcester, Paarl en Wellington, Somerset-Wes en Durbanville.
Andrea:“ Ons pak die treilers op so’ n manier dat die vleis wat eerste gepak word, laaste by die eindbestemming uitgehaal word. In die Boland het ons byvoorbeeld sekere punte waar ons miskien 20 bokse met die kopers se name op een plek aflaai en die eindverbruikers kom haal hulle daar.”
72 GROND TOT MOND MEI 2026