Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 71

WAARDEKETTING | BOXED KAROO

Bo: Die stempel op die karkas is deel van Boxed Karoo se beheerproses van slagting tot verpakking.

voerkrale is spasie. Die manier waarop ons boer en die afrondingskamp inspan, is daar meer as genoeg ruimte vir die diere.”

Speed bied nie net vir sy skape genoegsame ruimte nie. Ook vir homself. So is hy in 2023 as die Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys.

“ Die interessantste deel hiervan is die feit dat jy met verskillende mense vanuit verskillende agtergronde in aanraking kom. In elke spesifieke boerdery kan jy maklik fokus verloor oor wat in ander vorme van landbou in Suid- Afrika aangaan. Ek het dus die voorreg gehad om met produsente wat met neute, pluimvee en ander goed waarvan ek absoluut geen kennis gehad het nie, boer.”

MEI 2026 GROND TOT MOND 71