Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 68

BOXED KAROO | WAARDEKETTING

“ Ek kan dus met algehele sekerheid verslag doen oor hoe die lam by my aankom, afgerond word, geslag en verpak word.”

Om verdere beheer te hê, gebruik Speed en Andrea geensins lammers van ander boere nie. Uitsluitlik hul eie.

“ En ook geen ander rasse nie. Slegs merino. Daarom kan ek ʼn konstante produk lewer.”

Slegs merino. Dit terwyl ander boere in die omgewing ook met onder andere Dorper, Meatmaster en nog vele ander boer.

“ Ek glo daar is’ n plek vir alle rasse. Maar ek self is’ n merinoboer. Want vir my werk die ras.”

Hoofsaaklik omdat die merino’ n dubbeldoelras is en, bo en behalwe die vleis, daar gewoonlik ook ʼn goeie wolinkomste is. Alhoewel die wolprys vanaf 2020 tot 2025 afgeplat het, styg dit nou weer aansienlik.

Links: Speed Pieterse was van kleins af mal oor spoed en wiele. Hierdie passie van hom het egter nie afgeneem nie. Regs: Hierdie is trofeë wat op motorfietse gewen is. Dit is nie al nie. In 2023 wen hy ook die Noord-Kaap se Jong Boer van die Jaar.

68 GROND TOT MOND MEI 2026