’ N MERINOBOER DEUR EN DEUR
WAARDEKETTING | BOXED KAROO
Speed en Andrea begin in 2011 op Potkraal met uitsluitlik merinoskaap boer.
“ Ons het sedertdien baie uitgebrei deur nog plase aan te koop en ander te huur. My oogmerk met betrekking tot boerdery is juis uitbreiding om nie te stagneer nie. En om die volle waardeketting van die merinoskaap te benut.”
Op Potkraal word ekstensief op die veld geboer. Dus geen intensiewe lamstelsels nie.
Kortliks: ekstensief waar slegs natuurlike weiding aangewend word, teenoor intensief waar’ n groot deel van die weiding uit besproeide weiding bestaan.
Meestal manlike lammers wat na Speed se voerkrale kom, word vroeg geskeer, afgerond en per gewig in die geregistreerde abattoir geslag en op die plaas verwerk, gehang vir vyf tot sewe dae, verpak en na die eindverbruiker verskeep onder die handelsnaam Boxed Karoo.
Onder: Ná slagting word die karkasse na die koelkamer verskuif, waar die 10 / 10-reël en’ n hangtyd van vyf tot sewe dae deel van Boxed Karoo se gehalteproses vorm.
MEI 2026 GROND TOT MOND 67