BOXED KAROO | WAARDEKETTING
EIENAARS: Jaco en Andrea Pieterse AREA: Richmond, Noord-Kaap OPSOMMING:’ n Merinobedryf wat fokus op premium Karoo-lamvleis, volledige beheer oor die waardeketting en konsekwente gehalte. Buiten die vleisbedryf word daar ook’ n gastehuis bestuur wat bekend is vir sy Karoo-gasvryheid en rustige atmosfeer.
Bo: In die Karooveld op Potkraal begin Speed Pieterse se Boxed Karoo-verhaal met merinolammers, natuurlike weiding en gehalte bo volume.
En verkieslik op’ n endurance-motorfiets. Dink aan The Roof of Africa. Waar dit nie altyd oor spoed gaan nie. Eerder die fiets en die ryer se uithouvermoë onder uiterste omstandighede. Basies jaag hulle so vinnig moontlik op breekval paaie – of plekke waar daar nie paaie is nie.
“ Of dit nou’ n boks lamvleis of’ n kamer vir die nag is, alles word met dieselfde sorg en trots aangebied.”
Dié bynaam kan heel moontlik ook die spoed en uithouvermoë waarmee hy en wederhelf Andrea deesdae besigheid doen en vernuwing onderneem, beteken.
Hoe dit ook al sy.
66 GROND TOT MOND MEI 2026