WAARDEKETTING | BOXED KAROO
Op Potkraal aangekom, is die eerste ding wat jou in die lowergroen tuin tref die nadoodse oorblyfsels van twee enorme skilpaaie. En skilpaaie verbeeld mos stadig. Tot en met die hede was alles uitermatig stadig.
Maar nou voer ons’ n onderhoud met’ n boer genaamd Speed( ook bekend as Jaco Pieterse). Van alles wat die normaaldenkende in hierdie kontrei verwag, is Speed die laaste. Maar, nou ja. Speed:“ Daai naam kom al sedert hoërskool saam met my. Ek was nog altyd mal oor spoed en wiele, en in matriek was my bynaam Blits.”
Maar hoekom Speed in plaas van Spoed in hierdie merendeels Afrikaanse omgewing?“ Ek wonder tot vandag toe nog daaroor.” Straks is Speed vinniger as Spoed.
Onder: Nadat die lammers geslag is, word hulle opgesaag en verpak onder die handelsnaam Boxed Karoo versprei te word.
MEI 2026 GROND TOT MOND 65