Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 63

NUVELD-KAROO WYNSTREEK | LEEUWKLOOF

Bo: In sy geregistreerde Nuveld-Karoo-wynstreek boer Pottie met 240 wingerdstokke, blykbaar die hoogste wingerd in die Wes-Kaap. Hy laat jaarliks tussen 600 en 800 bottels wyn maak, maar wil nie uitbrei nie- hy versorg en vertroetel die wingerd eiehandig.

die wyn in daardie spesifieke bottel van Leeuwkloof af kom. Die volgende kwessie was om hierdie as’ n wynstreek te laat registreer.

“ Die afbakeningsraad was toe hier om die wêreld te kom bekyk en het toe aanbeveel dat die Nuveld-Karoo-wynstreek goedgekeur word. Ek wil nog kyk, maar ek reken hierdie is die grootste wynstreek in die land.”

Hier is dus een produsent met sy eie wynstreek met wingerd wat bestaan uit 240 stokke. Net ʼn Karoo-boer kan so astrant wees. Maar dit is Pottie Potgieter. En ons klink’ n glas op hom en Lukas vir hul versiendheid en braafheid.

Om Pottie se wyn te proe en te bekom, kontak hom by pottie @ rooksein. co. za

MEI 2026 GROND TOT MOND 63