Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Seite 62

LEEUWKLOOF | NUVELD-KAROO WYNSTREEK

Met die geharde vuilgoed wat nie naby ander vrugte en wingerde groei nie, kan daar mos nie juis ander uitdagings wees nie. Helaas, hierdie is’ n somerreënvalgebied. Dit beteken sodra die wingerd gereed is om geoes te word, kry die gebied reën.

“ Gedurende die winter moet ons die wingerd dophou vir donsskimmel. Dan sit ons natuurlik ook met die voëltjies. Almal van hulle is tog te lief vir druiwe. En daarom het ek die wingerd onder voëlnette gesit.” Ander siektes is witroes. Vervolgens is Pottie se grootste uitdaging om die druiwe se suikerinhoud reg te kry.

“ Ons moet die suiker op’ n gegewe vlak kry. Maar as dit kom reën, sak die suikerinhoud mos nou weer. Dus moet ons die suiker op die regte vlak kry voordat die koue ons kom vat. Ons het laas week twee sulke ligte ryp gehad. En dit is’ n groot probleem. Maar dit het te make met alkoholvlak, die gis en die smaak. En hoe laer die alkohol, hoe minder die skop.”

’ N WYNSTREEK VAN 240 STOKKE

Die eerste ding wat Pottie gedoen het nadat sy stokke begin dra het, was om sy wingerd as’ n enkelwingerd te registreer. Dit is belangrik. Pottie waarborg daardeur dat

62 GROND TOT MOND MEI 2026