Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 61

NUVELD-KAROO WYNSTREEK | LEEUWKLOOF

Bo: Vars geoesde cabernet-druiwe, op 12 Maart van Pottie se wingerd afgehaal, is gereed vir die pad Paarl toe, waar wynmaker Lukas van Loggerenberg dit in Leeuwkloofwyn omskep.

RYP, REËN EN ANDER UITDAGINGS

Van die wingerdkenners reken witwynkultivars sal ook in hierdie omgewing aard. Pottie is egter nie lus om nóg aanplantings te onderneem nie. Hierdie lappie wingerd is vir hom baie spesiaal en is net groot genoeg om eiehandig te bewerk. Selfs Lukas vertel daar is nooit eens’ n spriet onkruid tussen die stokke te bespeur nie. Arbeid sal natuurlik’ n verdere probleem wees. Sy werkers is skaapkenners en nie vaardig met betrekking tot wingerdbou nie.

“ Die verdere probleem wat ek kan sien met witwyndruiwe, is ons koue hier bo. Op die plato is dit gemiddeld 8 ° C kouer as byvoorbeeld onder in Beaufort-Wes.”

Wingerd benodig uiteraard baie water, maar daarvan is daar gewoonlik nie’ n tekort op die plato nie. Fonteine en boorgatwater.

“ Wingerd is mos eintlik’ n vuilgoed. Baie sterk en taai en het dus nie spesiale water nodig nie. En die Kromrivier begin hoeka hier op die plaas. Dit is nou nie’ n verskriklike groot rivier nie, maar hy het altyd water in hom.”

MEI 2026 GROND TOT MOND 61