Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Seite 60

LEEUWKLOOF | NUVELD-KAROO WYNSTREEK

Selfs die kleinheid van die druiwekorrels is voordelig.“ Dit gee goeie konsentrasie en’ n wonderlike donker kleur.”

Lukas glo verder ander boere in die omgewing behoort Pottie se rigting te volg. Hy besef egter ook die talle uitdagings wat die wingerdboer in daardie omte in die gesig staar. Bo en behalwe die klimaat is die logistiek die ander groot uitdaging: die afstand vanaf die naaste kelder.

“ Maar oom Pottie wil graag’ n wynroete stig sodat hy en sy medeboere lekker saam kan wynproe en van mekaar leer en groter ervaring bou.”

Wat dink Pottie se buurboere wat nie self wingerd verbou nie van sy wynmakery?

“ Nee, hulle hou baie van die idee en kom graag hier wyn proe. Veral die vrouens wat lekker saam sit en drink. Onthou, die drink van wyn is mos nie’ n algemene ding in die Karoo nie.”

Onder: Pottie beskou Lukas van Loggerenberg as een van die beste jong wynmakers in die land. Pottie verskaf die druiwe en Lukas maak die wyn.

“ Oom Pottie will graag ʼn wynroete stig sodat hy en sy medeboere lekker saam kan wynproe en van mekaar leer.”

60 GROND TOT MOND MEI 2026