NUVELD-KAROO WYNSTREEK | LEEUWKLOOF
Lukas was bereid om vir Pottie wyn te maak. Die rede?“ Die oom is ongelooflik passievol oor sy wingerd. Hy het tydens’ n jag sy stokke vir my gewys en dit was vir my wonderbaarlik dat iemand so braaf kan wees om so iets in die middel van nêrens aan te pak.”
Volgens Lukas maak die area die wingerd besonder. Ja, die koue is’ n probleem, maar die koue het ook voordele.
“ Gedurende die winter is die vrugbaarheid van die wingerd uitstekend. En ek ruik altyd Karoo-bossie se kruiereuk in die wyn. Daar is niks beter as Leeuwkloof se wyn saam met van hulle skaaptjops nie.”
Die ander voordeel verbonde aan die omgewing is dat daar geen ander wingerd- of vrugteboere naby is nie en dus is daar baie min siektes.
“ Ook die grond waarin die wingerd geplant is, het’ n baie hoë soutkonsentrasie wat die wyn ʼn unieke mondgevoel gee, asook ʼn unieke tannienstruktuur.”
Onder: Pottie vernoem elke jaar sy wyn na’ n besondere gebeurtenis van daardie jaar. Hierdie 2024-wyn is na sy kleindogter, Hailey, vernoem. Haar oë is glo so groot, sy het nie eens geskrik nie.
MEI 2026 GROND TOT MOND 59