LEEUWKLOOF | NUVELD-KAROO WYNSTREEK
Bo: Pottie verbou uitsluitlik cabernet-druiwe. Hierdie kultivar is geskik vir die hoogte bo seespieël van sy plaas, ongeveer 1 570 m, en vir dié somerreënvalgebied.
bekend as Uni Wines) en daar het die wynmaakproses hom gegryp. Die daaropvolgende jaar pars hy weer daar en toe is die spreekwoordelike koeël deur die kerk. Die volgende jaar skryf hy in by Elsenburg, waar hy wingerdbou en wynmaak studeer.
In hierdie wêreld is al die elemente mos teen jou as dit kom by wingerd.
Lukas:“ Ek het ongelukkig geen grond van my eie nie. Ek wens ek het gehad. En dus koop ek al my druiwe in.”
Die boere by wie hy die druiwe koop, is vandag reeds goeie vriende en loop van die begin af die pad saam met Lukas.
“ Die meeste van hulle is generasieboere en hulle ken dus hul grond baie beter as ek. Ek het egter die voorreg om te besluit wanneer die druiwe geoes moet word.”
58 GROND TOT MOND MEI 2026