NUVELD-KAROO WYNSTREEK | LEEUWKLOOF
tyd kry elke oesjaar’ n naam gebaseer op dit wat gedurende daardie jaar gebeur het. 2021: Stofpad. 2022: Reënboog. 2023: Warrelwind. 2024: Hailey, vernoem na my kleindogter, en 2025 word Lewensdans. Die wyn van die druiwe wat ons nou oes, gaan beslis my kleinseun wat op pad is se naam kry.”
Alhoewel Pottie se wingerd nie die hoogste bo seespieël is nie – daar is hoër wingerde in die Drakensberge – is sy wingerd beslis die hoogste cabernet in die land en definitief die hoogste wingerd bo seespieël in die Wes-Kaap.
DIE WYNMAKER AGTER DIE BOTTELS
Met die oes van die stokke af neem hy die druiwe na wynmaker Lukas van Loggerenberg in die Paarl.
“ Volgens my is hy een van die beste wynmakers in die land. En saam maak ons so tussen 600 en 800 bottels per jaar. Die meeste wat ons nog gemaak het, was 1 000 en, soos ek vroeër genoem het, die minste was 64.” Lukas is’ n boorling van Rawsonville. Mos wingerdwêreld. Ná skool gaan pars hy by Daschbosch( vandag
MEI 2026 GROND TOT MOND 57