Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 56

LEEUWKLOOF | NUVELD-KAROO WYNSTREEK

DIE HOOGSTE CABERNET IN DIE WES-KAAP

240 wingerdstokke is in 2014 geplant en die stokke is vir vier jaar gelos, waartydens die trossies gesnoei is om die stokke sterker te maak.“ Toe het ons die eerste wyn in 2019 gemaak.” En van daar af oes Pottie wingerd en maak wyn wanneer die weer en klimaat saamspeel.

“ Kyk, een ding moet jy verstaan. In hierdie wêreld is al die elemente mos teen jou as dit kom by wingerd. Die hitte, die koue en ryp. En dit is die rede hoekom ek cabernet aangeplant het. Want daardie kultivar is die een wat die laatste bot. Dit is hoekom, wanneer die ouens in die Boland se wingerd al trossies aan het, begin ek eers snoei.”

Een van die jare kom die ryp en Pottie glo amper al wat’ n druiwetros is, is deur die Jordaan.

“ Maar AB Rossouw van Rawsonville kom hier aan en stel voor ons snoei die wingerd weer. Daar loop hulle toe weer uit. En daardie jaar maak ek’ n skamele 64 bottels wyn. Daardie jaar word die wyn vernoem na Lasarus van die Bybel wat uit die dood opgestaan het. Vanaf daardie

56 GROND TOT MOND MEI 2026