NUVELD-KAROO WYNSTREEK | LEEUWKLOOF
Hierdie voorstel bly vir die afsienbare toekoms bloot’ n droom totdat Riaan hom drie weke later bel en laat weet hy het vir Pottie wingerdstokkies.
Nou ja, soos die wysgere ons leer: indien jy jouself uitgee as’ n toffieappel, moet jy nie omgee as jy gelek word nie. Dan is die tyd vir praatjies verby en jy moet kan doen.
“ Ek loop haal toe die stokkies en hy vertel my hoe ek die gate moet grawe. Onthou, daardie tyd toe weet ek niks van wingerdboukunde nie. Al wat my kop vir my sê, is dat ek wil wingerd verbou en wyn maak.”
Skuins agter die huis is’ n kamp waar takbokke geloop het. Sy vriend stel voor hy plant die wingerdstokke net daar. Hy verskuif die bokke na elders en plant die stokke daar reg langs die bolope van die Kromrivier. Natuurlik was die kamp mos goed deur die bokke bemes.
“ Ons het die gate gegrawe en die stokke geplant en van daar af is ons toe in die wedstryd.”
Onder: Pottie Potgieter, die astrante Karoo-merinoboer wat ook druiwe op die plato tussen Beaufort-Wes en Loxton verbou.
EIENAAR: Joseph Potgieter OPSOMMING: Pottie boer hoofsaaklik met Dorper-skape en wildjag tussen Beaufort-Wes en Loxton, maar het ook’ n unieke cabernet-wingerd van 240 stokke op sy plaas gevestig waarmee hy sy eie wyn produseer.
MEI 2026 GROND TOT MOND 55