Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 54

LEEUWKLOOF | NUVELD-KAROO WYNSTREEK

Bo: Pottie vernoem elke jaar sy wyn na’ n gebeurtenis van daardie jaar. Die 2024-wyn is na sy kleindogter, Hailey, vernoem.

VAN JAGVELD TOT WINGERD

Dit was hoeka gedurende’ n wildjag waartydens Pottie die pit in sy brein en die gepaardgaande druiwe tot in wynbottels vervolmaak het.

Egter die groot vraag: Dorperskaap en wildjag in die Karoo maak duidelik sin, maar vandaar tot by wingerd en die maak van wyn?

“ Ek vertel altyd die storie wanneer daardie vraag aan my gestel word. My oupa het gedurende die 1940’ s buite Franschhoek geboer. En iewers het hy die wynpit in my kop gelos. Want ek wou nog altyd net wyn maak. En so kom’ n klompie jagters daar uit Wellington se wêreld hier aan, en ek vertel vir hulle die storie van Oupa en die wynpit. Een van hulle, Riaan Mouton, sê toe vir my om’ n lap wingerd te plant.”

54 GROND TOT MOND MEI 2026