NUVELD-KAROO WYNSTREEK | LEEUWKLOOF
“ Ek sê jou, ek is met‘ n druiwepit in my brein gebore.”
Só diagnoseer Joseph Potgieter( oftewel Pottie, soos almal hom ken) wat met hom gedurende sy ontstaan gebeur het. Hoe die druiwepit deel van hom geword het, sal later duidelik word. Maar dat die druiwepit deel van Pottie se wese is, is onteenseglik.
Om op sy plaas Leeuwkloof vanaf Beaufort-Wes te kom, ry jy teen die Moltenopas( een van Suid-Afrika se oudste en asemrowendste landskapbergpasse) uit om bo-op die Nuweveldberge te kom. Ongeveer 1 570 m bo seespieël. En dit is hier waar die berugte of beroemde druiwepit sy bestaan voer. Ten midde van’ n wynstreek genaamd Nuveld-Karoo.
Ja, jy het reg gelees:’ n wynstreek hiér in die droë Karoo.
Hiér in ons skaapwêreld met sy bossies en verlate vlaktes. Behalwe die veld is lowergroen ná die mildelike reën wat die gebied onlangs ontvang het. Op Leeuwkloof is die massale tuine ook amper te groen om waar te wees. Met perde en ander diere in kampe onder bome. En’ n wingerd. Pottie:“ Ons het in 1991 hier op die plaas begin en met Dorpers geboer en ons is ook in die wildjagbedryf.”
Onder: Pottie se kleiner cabernet-korrels gee die wyn goeie konsentrasie en’ n diep, donker kleur.
MEI 2026 GROND TOT MOND 53