PUGLIA CHEESE | SUIWEL
“ Oor die jare heen het ek gesondheid en voeding begin bestudeer; dit het begin by my familie se welstand en gegroei tot’ n belangstelling in die gesondheidsvoedselbedryf. Ons is ook in’ n proefstadium van die ontwikkeling van’ n nuwe reeks weigebaseerde voedselprodukte.
“ Hoewel ons wortels steeds diep ge-anker is in Italiaanse vakmanskap en familie-erfenis, het die maatskappy geleidelik ontwikkel tot’ n praktiese voorbeeld van voedselstelselontwerp binne Suid-Afrika se suiwelbedryf,” sê sy.
Onder: Die joviale Davide. Dié Italianer leef elke dag sy passie vir kaasmaak uit. Hy bied ook demonstrasies by feeste en skoue aan om te wys hoe sy kase geniet en voorgesit kan word.
50 GROND TOT MOND MEI 2026