SUIWEL | PUGLIA CHEESE
Qualité-toekennings gewen – die suiwelbedryf se toekennings om hoogstaande kwaliteitprodukte te erken. Sy vertel haar belangstelling het nog altyd meer na die wetenskaplike kant van die bedryf geneig, veral na mikrobiese stelsels en chemie. Meer onlangs het sy ook haar belangstelling uitgebrei deur middel van samewerking met’ n plaaslike Duitse ingenieursmaatskappy wat vir hulle spesifieke toerusting volgens hulle omgewingsetos ontwerp en bou. Sy is veral betrokke by navorsing en inisiatiewe wat spesifiek kyk na waterherwinning en die hergebruik van wei vir diere en plante deur vernuwingsprosesse te implementeer. Hulle fokus het toenemend verskuif na die vermindering van afvalstrome en die verbetering van omgewingsverantwoordelikheid. Op só’ n wyse kan hulle’ n bydrae lewer tot’ n effektiewe suiwelmodel vir die toekoms, sê sy.
Onder: Die romerige binnekant is juis wat burrata van gewone mozzarella onderskei en dit so gewild maak as’ n vars, Italiaanse voorgereg.
MEI 2026 GROND TOT MOND 49