Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Página 48

PUGLIA CHEESE | SUIWEL

Bo: Puglia Cheese se verskillende produkte word verpak en gereed gehou voordat dit na deli’ s, restaurante en bekende kettingwinkels versprei word.

Drie jaar gelede het die Ostuni’ s ook’ n fabriek in Pretoria oopgemaak. Daar is 11 mense werksaam.“ Die vervoer en koste om die produk van die Kaap af in Gauteng te kry, was net te veel.’ n Fabriek daar het baie meer sin gemaak omdat ons baie deli’ s en voedselwinkels in Gauteng van Puglia Cheese-produkte voorsien.”

MELKPRYSE BEÏNVLOED DIE PRODUKPRYS

Uitgawes in die bedryf is hoog. Dit kos sowat R9 tot R10 / l melk en om 1 kg kaas te maak, gebruik’ n mens rofweg 8,5 tot 9 l melk. In Pretoria word sowat 2 500 l per dag gebruik om kaas te maak.

Davide sê hy neem gereeld sy span mense na winkels wat hulle kase verkoop of restaurante wat hulle kaas gebruik.“ Dit is belangrik vir hulle om te sien waar die produk eindig waaraan hulle so hard werk. Ons handelsmerk is belangrik.”

Ursula het haar volle gewig by die familiebesigheid ingegooi nadat hulle twee kinders die huis verlaat het. Sy het hulle kaasprodukte ingeskryf vir die SA Suiwelkampioenskappe en oor die jare het hulle verskeie

48 GROND TOT MOND MEI 2026