SUIWEL | PUGLIA CHEESE
reuseverskil in sy of haar posisie in die suiwelbedryf maak, asook vir sy of haar toegewydheid tot die suiwelbedryf. Sy het ook in Nederland erkenning ontvang vir haar bydrae tot innovasie en transformasie binne die suiwel-sektor. Haar prestasie versterk juis ook Apulia Groep( waaronder Puglia Cheese en die gasvryheidsondernemings resorteer) se posisie as’ n Suid-Afrikaanse produsent wat ook in mense belê ten einde die toekoms van volhoubare voedselproduksie te kan verseker, sê Ursula.
Oorkant Pamie staan Yvette, die ekstrovert wat sing en lag terwyl sy met haar vlytige vingers die burrata soos’ n wafferse kunstenaar vorm.
Davide vertel dit neem baie lank om iemand te leer om kaas te maak. Dit is vir seker’ n uitsonderlike vaardigheid. Die Kaapse span bestaan uit 18 personeellede.
Onder: In die restaurant kan Puglia Cheese se kaasprodukte gekoop word. Besoekers kan ook deur’ n venster sien hoe die kaas gemaak word. Dit is’ n gesellige Italiaanse restaurant waar handgemaakte kaasgeregte en pizzas geniet kan word.
MEI 2026 GROND TOT MOND 47