PUGLIA CHEESE | SUIWEL
Bo: Burrata is heerlik saam met vars tamaties,’ n bietjie balsamiese asyn en pesto of basilieblare.
Davide sê hoewel die meeste Suid-Afrikaners dit nog nie ken nie, is hulle besig om kaasslim te raak en al hoe meer te waag om vreemde kaassoorte te proe.
Die vars plaasmelk kom van’ n melkplaas in die Malmesbury-omgewing, maar Davide koop ook by twee nabygeleë melkboere aan. Daagliks word tussen 6 000 en 10 000 l by die fabriek afgelaai. In piektye word’ n maksimum van 14 000 l per dag afgelaai.’ n Agent hanteer die melkaankope vir hom.
SUKSES KOM NIE OORNAG NIE
“ Ons kaasmaakspan is uitsonderlik,” sê Davide. Pamela, beter bekend as Pamie, werk al 10 jaar vir Puglia Cheese. Sy is verlede jaar op die SA Suiwelkampioenskappe as die“ Game Changer of the Year” aangewys. Dit word jaarliks toegeken aan’ n persoon jonger as 40 jaar wat’ n
46 GROND TOT MOND MEI 2026