Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 45

SUIWEL | PUGLIA CHEESE

Bo: Burrata is heerlik saam met vars tamaties,’ n bietjie balsamiese asyn en pesto of basilieblare.

spaan meng. Dit verg geweldige fisiese krag om dit só te knie dat dit elasties raak. Vuurwarm water word daaroor gegooi terwyl dit steeds geknie word. Dit word dan in die vorm van’ n bal gevorm. Die romerige vulsel is juis dit wat burrata van gewone mozzarella onderskei. Dit is inderwaarheid die romerige,“ sagte sussie” van mozzarella. Hierna word dit in soutwater afgekoel en in houers verpak. Burrata is heerlik as’ n voorgereg met klein kersietamaties, balsamiese asyn en basilieblare. Dit kan ook’ n heerlike gereg saam met filodeeg, olyfolie, brood en slaaie wees. Burrata is op sy lekkerste as dit vars geëet word.

MEI 2026 GROND TOT MOND 45