Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Seite 44

PUGLIA CHEESE | SUIWEL

KAASMAAK IS’ N KREATIEWE PROSES

In die gebou aangrensend tot die restaurant is mans en vroue besig om kaas te maak. Die wit, elastiese produk word oopgerek en dan in klein, koeëlronde balletjies gevou wat op die punte afgebreek word om dit te seël. Die melk word tot by’ n sekere temperatuur verhit, waarna die melk in wrongel( curd) en wei( whey) verdeel. Die wrongel begin dan amper soos stukke fetakaas lyk. Daarna word die wrongel van die wei geskei en in aparte bakke geplaas, waar dit eers vir’ n wyle rus. Daarna beweeg dit na die volgende persoon, wat dit met’ n reuse-

Links onder: Pamie werk al 10 jaar vir Puglia Cheese en is’ n ou hand as dit kom by die vorming van kaasballe. Sy is verlede jaar as die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf se Game Changer aangewys. Regs onder: Só lyk dit as dit in’ n bal gevorm is. Die boonste gedeelte word afgebreek en seël die bal sodat die vulsel nie uitloop nie.

44 GROND TOT MOND MEI 2026