SUIWEL | PUGLIA CHEESE
Links bo: Die maak van verskillende kase verg verskillende tegnieke. Pedro is hier besig om die wei en wrongel wat in die groot menger geskei is, oor te tap na groot houers, van waar dit gereed is vir die volgende proses. Middel: Davide gebruik’ n groot handklitser om die wrongel uit die mengsel te skep. Regs bo: Stanford( voor) moet baie krag gebruik om die kaas te meng sodat dit’ n sagter, rekbare eenheid vorm. Londoloza( links) knie en werk die kaas in kleiner stukke sodat dit makliker in balle gevorm kan word.
My kinders kon naderhand die suurmelkreuk in die motor nie verdra nie. Op’ n dag klop die gesondheidsinspekteur toe aan my voordeur in Parklands in Kaapstad. Ek het geweet hier is moeilikheid,” vertel die joviale Italianer.
Gelukkig het hy spoedig reggekom met’ n lokaal waar hy kon voortgaan. Dit was nie lank nie of Davide moes nóg groter en meer lokale huur vir die uitbreiding van die besigheid. En toe kom Covid … Dit was rof. Elke keer het Davide en Ursula uit die stof opgestaan en weer deurgedruk. Aanhouer wen.
MEI 2026 GROND TOT MOND 43