PUGLIA CHEESE | SUIWEL
Die Ostuni’ s se boetiekkaasfabriek is geleë by die Waterkloof-wynplaas in Somerset-Wes. Hulle bedryf ook’ n eg Italiaanse restaurant, Osteria Cheese Bar, op die perseel en het onlangs’ n tweede restaurant, Adriatico Cucina Mediterranea, op die plaas langsaan oopgemaak.
Gaste by Osteria kan deur’ n venster sien hoe die span kaasmakers te werk gaan om’ n reeks verskillende kase met die hand te maak. Die kase is onder meer by SPAR en Pick n Pay se winkelrakke beskikbaar.
Burrata is’ n vars mozzarella-tipe kaas gevul met room en stracciatella. Dit het’ n sagte buitekant en’ n ryk, romerige kern, en word tipies by kamertemperatuur bedien
Puglia Cheese, vernoem na’ n suidelike streek in Italië vanwaar Davide kom, het sy eerste, baie primitiewe begin in’ n motorhuis gehad.“ Ek het soggens 50 liter melk gaan koop en dit dan in my motor gelaai en huis toe geneem.
Onder: Die kaas word geknie en gerek totdat dit die regte fyn struktuur het om die balle te vorm. Hier wys Yvette hoe die produk gerek word.
42 GROND TOT MOND MEI 2026