SUIWEL | PUGLIA CHEESE
Davide se kaasmaakstorie is’ n kronkelpad met’ n hele paar opdraandes. Hy is opgelei as’ n sjef in Italië, maar het in 1994 na Suid-Afrika gekom om besigheidsgeleenthede te ondersoek.
Sowat drie weke voordat hy weer na Londen teruggekeer het, waar hy op daardie stadium gewoon het, het hy vir Ursula( toe 21 jaar oud) ontmoet. Hy kon egter nie dié Johannesburgse meisie uit sy kop kry nie en het vir haar’ n vliegtuigkaartjie oorsee gekoop. Vandag is hulle al 32 jaar getroud.
TERUGKEER NA SA HET BAIE VERANDERINGE INGEHOU
In 2010 het hulle na Suid-Afrika teruggekeer.’ n Goeie vriend het Davide aangemoedig om burrata te maak, juis omdat niemand in Suid-Afrika dit kon bied nie.
Onder: Dit is’ n kuns om hierdie burrata-balle met die vulsel te kan vorm.
MEI 2026 GROND TOT MOND 41