PUGLIA CHEESE | SUIWEL
Bo: Burrata is baie soortgelyk aan mozzarella, maar het’ n sagte, romerige vulsel wat uitloop sodra dit gesny word.
En dan is daar natuurlik net een wenner – die beste van die bestes.
Davide Ostuni, die flambojante Italianer, en sy klein spannetjie van Puglia Cheese se boetiekkaasfabriek in Somerset-Wes, kon vanjaar nie hul geluk glo toe hulle as wenners aangekondig is en hierdie gesogte en eksklusiewe toekenning by die Nederburg-wynlandgoed, buite die Paarl, in ontvangs kon neem nie.
Die personeel het letterlik gesing en gedans op pad verhoog toe – tot groot vermaak van die gaste.“ It feels as if we have won an Oscar!”, sê Davide. Hy is egter baie nederig oor hierdie gesogte toekenning.“ I am so happy for my team. It took many years of hardships to get to this point that we have received recognition for what we have been trying to do – creating an exclusive cheese to be enjoyed by South Africans.”
40 GROND TOT MOND MEI 2026