SUIWEL | PUGLIA CHEESE
CIÒ CHE ABBIAMO È UNICO!( DIT WAT ONS HET, IS UNIEK!)
En hiervan kan diegene wat al dié uitsonderlike mozzarella-tipe kaas, naamlik Burrata, geproe het, sekerlik getuig.
Hierdie handgemaakte Italiaanse, romerige wit kaasballe, gemaak van 100 % Suid-Afrikaanse koeimelk, is vanjaar as die Beste Suiwelproduk in Suid-Afrika aangewys.
Die organiseerder van die toekennings, Agri-Expo, wys jaarliks die suiwelprodukte van die beste gehalte in die land aan.’ n Paneel van 130 beoordelaars het altesaam 1 227 inskrywings van 81 produsente oor drie dae in die grootste suiwelkompetisie in Afrika beoordeel.
Onder: Die koning van suiwelprodukte. Burrata, handgemaakte Italiaanse kaas, is vanjaar as die Beste Suiwelproduk in Suid-Afrika aangewys.
MEI 2026 GROND TOT MOND 39