Links bo: Puglia Cheese vervaardig verskeie kase wat in deli’ s, restaurante en bekende kettingwinkels se rakke gekoop kan word. Hierdie is Burrata Truffle en is baie gewild. Regs bo: Die mozzarella en burrata word só in soutwater verpak. Dit is plaaslik vervaardigde kaas wat eie is aan Italië, vandaar die groen, wit en rooi kleure op die etikette. Nuwe verpakkingsmateriaal word in Junie vrygestel.
DIT WAS GEEN MAKLIKE PAD TOT HIER
“ As ek terugkyk oor die pad wat ons gestap het en al die uitdagings wat ons moes trotseer, en’ n hele paar keer van voor af moes oorbegin, weet ek nie waarom ek aangehou het nie. Daar is so baie ander dinge wat ek kon doen,” vertel Davide laggend oor die duwweltjies op hul pad.
“ It took many years of hardships to get to this point that we have received recognition for what we have been trying to do – creating an exclusive cheese to be enjoyed by South Africans.”
“ Dit is die moeilikste ding wat ek nog ooit gedoen het. Puglia Cheese is my oorlog.”
Tog is dit’ n suksesvolle kaasstorie van aanhou en uithou. En dalk is die oorlog nou uiteindelik verby.
MEI 2026 GROND TOT MOND 51