Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 35

BROKKIES | NUUS

Sy het reeds as student gedurende die vakansies by Fair Cape gewerk. Hoewel sy’ n loopbaan in maatskaplike dienste beplan het, is sy in 2014 by Fair Cape as administrateur aangestel.

’ n Loopbaan gegrond op voortdurende groei

Courtenay het’ n passie vir voedselwetenskap en tegnologie en het deur Fair Cape verskeie kursusse in mikrobiologie en chemie, asook tegnologie, gevolg. Sy het haar ook vir’ n BSc-graad ingeskryf,’ n diploma in ekonomiese bestuurswetenskappe behaal en is tans besig met’ n BCom-graad deur Unisa.

“ Ons fokus ook daarop om bestaande produkte voortdurend te verbeter wat gehalte en innovasie betref.”

Die rol behels meer as net die ontwikkeling van nuwe produkte. Dit begin by nuwe idees wat dan lei tot nuwe konsepte. Die proses brei dan uit na onder meer kosteberaming, verpakking en grafiese kunswerke, rakleeftydtoetse, voedselveiligheidsassesserings en fabriekstoetse.“ Ons werk baie nou saam met produksie- en verkrygingspanne om seker te maak die finale produk lewer presies dit wat die aanvanklike doelwit daarvoor was. Ons fokus ook daarop om bestaande produkte voortdurend te verbeter wat gehalte en innovasie betref,” verduidelik sy.

MEI 2026 GROND TOT MOND 35