NUUS | BROKKIES
Die suiwelbedryf se Game Changer vir 2026, Courtenay van der Merwe( 33), het’ n heel onverwagse draai in haar beplande loopbaan gemaak. Wat aanvanklik as maatskaplike studies aan die Universiteit Stellenbosch begin het, het uiteindelik tot’ n loopbaan as produkontwikkelaar in die suiwelbedryf ontwikkel.
Courtenay is vanjaar tydens die SA Suiwelkampioenskappe aangewys as die professionele persoon wat’ n meetbare bydrae tot die suiwelbedryf lewer. Sy is tans die senior produkontwikkelaar by Fair Cape in die Kaap. In dié rol bestuur sy die ontwikkeling van nuwe produkte vir die maatskappy, van’ n idee tot die produk op die mark verskyn.
34 GROND TOT MOND MEI 2026