Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 27

BROKKIES | NUUS

bevredigend om’ n produk soos Puglia se burrata op hierdie vlak te sien erken word. Dit is’ n ware viering van Italiaanse kaasmaaktradisie –’ n vars pasta filata-kaas met’ n delikate buitenste laag en’ n ryk, romerige binnekant wat balans en weelde bied. Dit vergestalt die essensie van la bella vita.”

Die stigters van Puglia Cheese, Davide en Ursula Ostini, sê die toekenning is’ n trotse oomblik vir die span.“ Hierdie erkenning weerspieël jare se toewyding aan gehalte en’ n diep respek vir tradisionele kaasmaaktegnieke, aangepas vir plaaslike omstandighede. Puglia Cheese is in 2010 gestig nadat ons uit Italië verhuis het, met die doel om outen-tieke, hoëgehalte Italiaanse kaas plaaslik te vervaardig. Ons was pioniers in die produksie van burrata in Suid-Afrika en is trots om’ n produk te lewer wat met die beste kan meeding.”

130 beoordelaars

’ n Paneel van 130 beoordelaars het oor drie dae 112 SA Kampioen-produkte en 36 Qualité-wenners aangewys.

Volgens Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, weerspieël die uitslae sowel innovasie as veerkragtigheid in die suiwelbedryf.“ Die rekordgetal inskrywings en die deurgaans hoë gehalte van produkte dui op’ n mededingende en vooruitstrewende bedryf, waar gevestigde vervaardigers én kleiner rolspelers die standaard bly verhoog.” Milford het voorste presteerders in vanjaar se Qualitétoekennings gelukgewens, insluitend Lactalis South Africa

MEI 2026 GROND TOT MOND 27