NUUS | BROKKIES
’ n Italiaanse kaas wen SA se top suiwelprys
‘ n Handgemaakte burrata van Puglia Cheese in Somerset- Wes is as die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar aangewys tydens die SA Suiweltoekennings wat Donderdag 23 April by Nederburg in die Paarl plaasgevind het. Die burrata, vervaardig van 100 % Suid- Afrikaanse melk, het uitgestaan onder’ n rekordgetal van 1 227 inskrywings van 81 produsente in vanjaar se SA Suiwelkampioenskappe – die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika.
’ n Paneel van 130 beoordelaars het die inskrywings oor drie dae beoordeel. Altesaam 112 produkte is as SA Kampioene in hul klasse aangewys, terwyl 36 produkte met die gesogte Qualité-merk bekroon is – die enigste amptelike erkenning vir uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf( sien volledige lys hieronder).
“ Burrata is’ n vars mozzarella-tipe kaas gevul met room en stracciatella, met’ n sagte buitekant en’ n ryk, romerige kern, en word tipies by kamertemperatuur bedien.”
Volgens die hoofbeoordelaar, Graham Sutherland, getuig die wenproduk van tegniese vaardigheid en outentiekheid.“ Ná my onlangse werkservaring in Italië is dit besonder
26 GROND TOT MOND MEI 2026