Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 25

sluit registrasie, opleiding, proewe en die behoud van werkvermoë in rasse soos Border Collies en Kelpies in.

SA skaaphonde op pad Skotland toe

BROKKIES | NUUS

Vanjaar is daar ekstra opwinding: die Suid-Afrikaanse span maak gereed om in September aan die World Sheepdog Trial in Skotland deel te neem. Die span bestaan uit Mark Trollip met Diesel, Andrew Philip met Mirk, Pierre Strydom met Mac, Yvan Fourie met Kwagga en Andrew Philip met Zap, met Attie Gunter en Jurie van der Vyver as reserwes.

Vir hierdie hanteerders en honde is Skotland’ n unieke geleentheid om Suid-Afrikaanse werkhonde op’ n wêreldverhoog te toets. Só’ n deelname bring egter groot kostes mee. Die landbougemeenskap kan help deur borgskappe, donasies of praktiese ondersteuning sodat Suid-Afrika se hanteerders en honde daar kan wees waar hul vaardigheid gemeet word: op die veld, teen die beste in die wêreld.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 0