Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 19

BROKKIES | NUUS

ROUX CONRADIE( 27) VAN TULBAGH – WYNDRUIWE, OLYWE EN BEESTE

“ My langtermynvisie is om‘ n hoogs winsgewende, tegnologie-gedrewe en volhoubare boerdery te vestig wat op presisieboerdery en data-gedrewe besluitneming berus. Ek fokus op optimalisering van insetkoste en die maksimalisering van opbrengs per hektaar deur blokspesifieke bestuur. My fokus sal wees om bestaande stelsels verder te verfyn sodat besluitneming meer akkuraat en data-gedrewe is.”

Standvastig in ʼn veranderende wêreld

Die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die jaarkompetisie fokus op uitnemendheid in bestuursvernuf, tegniese vaardigheid en strategiese besluitneming. Dit bied ʼn platform waar jong boere erkenning ontvang vir hul vermoë om in ʼn dinamiese en uitdagende landbou-omgewing volhoubaar en innoverend te produseer.

“ Presisieboerdery vorm die toekoms.”

Teen die agtergrond van AWK se jaartema,“ Standvastig in ʼn veranderende wêreld”, weerspieël hierdie kandidate die eienskappe van moderne landbouleiers – aanpasbaar, vooruitdenkend en gefokus op langtermyn volhoubaarheid.