DEUR DIE LENS
gepluk en direk vanaf die plaas en winkel verkoop aan blommeverkopers, bloemiste, privaat kopers en groothandelaars. Hul benadering is doelbewus eenvoudig.“ Keep life simple” is hul motto. Daar is nie onnodige fieterjasies of spesiale poste vir elke klein taak nie. Almal help waar hulle nodig is. Günther sê hul wins lê dikwels nie in meer doen nie, maar in slim spaar. Tog is die uitdagings groot. Wind, insekte en swamme is deel van die boerdery, maar diefstal het een van hul grootste probleme geword. Kabels, pompe en toerusting is al gesteel, en daarom moes hulle selfs hul produksiestelsel verander om so min as moontlik op elektrisiteit staat te maak. Wat diewe lok, probeer hulle uit die stelsel verwyder. Ten spyte hiervan bly Engelke Blomme staan. Hulle beplan seisoenaal, plant wat verkoop, hou koste dop en probeer niks op so’ n skaal doen dat hulle dit nie self kan hanteer nie. In Philippi, waar baie boere al moes opgee, hou hierdie familie steeds vas aan’ n eenvoudige resep wat al geslagte lank werk: bid en werk.
MEI 2026 GROND TOT MOND 11