Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 81

BOERBOKKE

Teen ongeveer 1661 het blanke setlaars bokke in die omgewing van die huidige Clanwilliam teëgekom. Die Namaqua, aan wie die bokke behoort het, het verklaar dat die diere van die Batlapin stam in Botswana afkomstig was. Later het die invoer van melkgeite uit Switserland en Duitsland, veral aan die begin van die twintigste eeu, ook bygedra tot die ontwikkeling van die Boerbok soos ons hom vandag ken. Dit was egter nie’ n ras wat oornag in vaste vorm ontstaan het nie. Oor baie jare heen het verskillende tipes en invloede saamgevloei, en kuddes het dikwels uit gemengde tipes bestaan.

’ N RAS WAT OOR JARE HEEN GEVORM IS

In 1938 het Van Rensburg die bokke in Suid-Afrika breedweg in drie groepe verdeel, naamlik melkgeite, Angoras en Boerbokke. Binne die Boerbokgroep self het daar weer variasies voorgekom, soos die bont, die gestreepte tipe, die sogenaamde onderontwikkelde oor en die wit Boerbok. Daar was ook langharige tipes en horinglose tipes met langer ore, wat deels deur kruisteling met ingevoerde melkgeite ontstaan het. Dit wys net hoe wyd die genetiese basis van vroeë Boerbokkuddes was.

“ Wat begin het as’ n diverse genetiese mengsel, het ontwikkel tot een van Suid-Afrika se mees ikoniese vleisrasse.”

Met verloop van tyd het vooruitstrewende boere begin om meer doelgerig te selekteer en te teel. Juis in distrikte waar intensiewe boerdery plaasgevind het, is meer aandag

MRT 2026 GROND TOT MOND 81