Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 82

BOERBOKKE

aan eenvormigheid, funksionaliteit en ekonomiese waarde gegee. Skouklasse is ingestel en data van boere, kopers en slagters is begin versamel. Dit het uiteindelik die pad gebaan vir’ n punteskaal en rasstandaarde wat later deur die Boerboktelersvereniging van Suid-Afrika aanvaar is.

VAN VELDBOK TOT VERFYNDE VLEISRAS

Die doel van hierdie standaarde is eenvoudig: om die ras te verbeter en sy ekonomiese waarde te verhoog. Daarom gaan dit nie net oor voorkoms nie, maar oor funksionele eienskappe wat vir vleisproduksie, vrugbaarheid, aanpasbaarheid en algemene gehardheid van belang is.

Die ideale Boerbok moet eerstens’ n sterk, gebalanseerde dier wees. Die kop moet kragtig wees, met groot sagte bruin oë en sonder’ n wilde uitdrukking. Die neus moet effens geboë wees, die bek sterk en die kake goed passend. By jonger diere word’ n korrekte byt sterk beklemtoon, aangesien dit direk met voedingsvermoë en algemene funksionaliteit verband hou. Die horings moet sterk wees, van matige lengte en geleidelik agtertoe buig. Breë, gladde ore wat afhang, is wenslik, terwyl kort, stywe of gevoude ore as gebreke beskou word.

SO LYK’ N GOEIE BOERBOK

Ook die voorhand en nek moet in verhouding wees.’ n Boerbok moet’ n goed bespierde nek hê wat netjies by die voorlyf aansluit. Die bors moet breed wees, met

82 GROND TOT MOND MRT 2026