BOERBOKKE
Die Boerbok is vandag een van Suid-Afrika se bekendste en mees gesogte vleisbok-rasse, maar sy verhaal begin lank voor formele telingstandaarde en skouringe. Volgens historiese bronne was bokke reeds aan die suidpunt van Afrika teenwoordig toe Europeërs hier aangekom het. Navorsers en skrywers het oor die jare verskillende teorieë voorgestel oor waar die Boerbok sy oorsprong het, met verwysings na Europa, Indië, Egipte en Nubië, en moontlike roetes langs Afrika se oos en weskus.
Bo: Twee indrukwekkende Boerbokke uit Stafford Collen se kudde, waar funksionele bouvorm, sterk ras tipe en top genetika saamkom.
80 GROND TOT MOND MRT 2026